Romanza: WAAG EN WEN (Sagteband, 208 pg) RENDA DE WAAL-FOURIE

Waag en wen is Renda se tweede boek na sy voorheen Om die sterre te raak gepubliseer het.

Sy moet alles waag om sy hart te wen … Katryn kan nie verstaan waarom almal in haar lewe mal is oor Daniël Roux nie. Ja, hy is aantreklik, maar dis al. Sý wil meer in ’n man sien as net sy mooi gesig, sy gespierde lyf en sy gladde mond. Stadigaan begin sy tog besef dat Daniël anders is. Maar afgesien van die skade wat sy aangerig het met haar aanvanklik bevooroordeelde houding teenoor hom, weet sy nie of sy hom kan vertrou nie. Sy het mos al voorheen haar vingers verbrand. En nou beskuldig Daniël haar dat sy met sy gevoelens speel. Daar blyk geen einde aan die spanning tussen hulle te wees nie. Katryn moet besluit of sy die moed het om haarself bloot te stel deur met vertroue ’n nuwe verhouding aan te knoop.

RENDA DE WAAL-FOURIE

R100.00

Out of stock

SKU: 9780639607436 Categories: , Tag:

Description