Anderman Se Vrou – ‘n Wim Kellerman-Roman (Afrikaans, Paperback)

“Daar is spore doodgevee. Iemand het die opdrag gegee vir wat met
daai vyf moet gebeur. En ek wil weet wie.”

Daar is raaisels wat spook by Wim Kellerman, twee jaar ná die dood
van Jack Niemand. Hy en Portis praat min daaroor waar hulle woel in
die kweekhuis van Wim se skoenlapperboerdery op Wildernis. Maar
dit bly sluimer tussen hulle. Want wat het geword van Portis se vyf
jeugvriende wat in daai verskriklike jare van die tagtigs vermis geraak
het? En hoekom is die lyke van Simon Pope, die destydse hoof van
Bon Accord, en sy vrou, Rachel, nooit geïdentifiseer nie?

Al manier is om terug te loop op die spoor, voetjie vir voetjie. In sy
beendere weet Wim sy ou aartsvyand Simon Pope lewe nog. Dis
maklik om twee en twee bymekaar te sit, so hy koop ’n kaartjie
Kanada toe, kwansuis vir skoenlappersoektogte. En gaan soek die
meesterbrein agter die verdwyning van vyf kinders van die Kaapse
Vlakte. Kry, sal hy hom kry. Dis ’n lewenstaak – vir Portis, en vir Wim.

Chris Karsten

R300.00

Available on back-order

Description