Aan die hemeltrans (Maart 2026, Sagteband, 384 pg) Anton Roodt

Belangrike nota: Hierdie is ‘n voorafbestelling, publikasiedatum 10 Maart. Onthou asseblief dat ons volledige bestellings stuur. As jou bestelling ‘n voorafbestellingstitel insluit, sal jou volle bestelling eers versend word sodra alle voorraad beskikbaar is.

Die duiwel is hierdie jaar los by die klooster van die heilige sint William, Beskermheilige van die Metaversum. Dapper de Wet, roosteler, gourmand en deurwinterde loodswaaier, word teen sy sin deur die Departement afgevaardig om vas te stel wat aan die gang is.

Lees meer hieronder.

Anton Roodt

R340.00

Available on back-order

SKU: 9780624094326 Categories: , , Brand:

Description

Die klooster, geleë in wat eens die vrugbare mieliedriehoek in die Vrystaat was, bied jaarliks ‘n Passiespel aan waarop hulle alle hoop vestig vir oorlewing. Maar JC van Schouwenburg, wat die hoofrol vertolk, het onverklaarbaar verdwyn en Dapper is desperaat om hom op te spoor.

Die moederowerste is ontwykend, die personeel onbehulpsaam en Broeder P, die newelagtige leier van die klooster, is ontoeganklik. Om sy lewe verder te kompliseer moet Dapper boonop chaperone speel vir ‘n beeldskone onderwyser wat met ernstige vraagstukke worstel en vir wie hy gevoelens ontwikkel het wat dreig om sy ewewig te laat kantel.

‘n Verbeeldingryke, onthutsende roman wat die leser sal wegvoer na ‘n ander – dog totaal geloofwaardige! – wêreld.