As klippe kon praat (Julie 2024, Sagteband, 352 pg) Connie Luyt

Hierdie is ‘n voorafbestelling, publikasie 31 Julie. Neem asseblief kennis dat ons volledige bestellings stuur. As jou bestelling ‘n voorafbestellingstitel insluit, sal jou volle bestelling versend word sodra alle voorraad beskikbaar is.  Ná ‘n storm spoel ‘n kleutermeisie op die Olifantsrivier se oewer uit. Wie is klein Ellie, hoe het sy in die rivier beland, en waarom soek ‘n Romeense bendebaas na haar?  Lees meer hieronder.

Connie Luyt

R320.00

Available on back-order

SKU: 9781776380657 PRH Categories: , ,

Description

Op die plaas Spoelklippe rou Annie nog oor die dood van haar seuntjie en die verbrokkeling van haar huwelik. Ellie kruip gou in Annie se hart in, maar gevaarlike mense is op die kind se spoor. Gou word Annie ook bedreig. Gaan sy uit dié maalkolk kan ontsnap of gaan sy weer alles verloor? En wat van Nico wat hoop om hul jeugliefde te hervat? As klippe kon praat is ‘n eg menslike verhaal oor verlies, keuses en keerpunte.