Gebooie (Julie 2024, Sagteband, 352 pg) Rudie van Rensburg

Hierdie is ‘n voorafbestelling, publikasie mid Julie. Neem asseblief kennis dat ons volledige bestellings stuur. As jou bestelling ‘n voorafbestellingstitel insluit, sal jou volle bestelling versend word sodra alle voorraad beskikbaar is.  Gevaarlike spel tussen meester en monster. …. ‘n Reeksmoordenaar maai bekendes op ‘n streep af.  En Kassie en Rooi moet hom vastrek. Maar dit is makliker gesê as gedaan.

Rudie van Rensburg

R350.00

Available on back-order

SKU: 9780795802713 Categories: , ,

Description

Kassie is op ‘n reeksmoordenaar se spoor.

Die moordenaar se beplanning is onberispelik en hy laat smetlose moordtonele agter. Boonop pantser deeglike navorsing hom teen foute wat reeksmoordenaars se doppies in die verlede geklink het.

Kassie-hulle is met die rug teen die muur. Weens bisarre boodskappe by die lyke, beland hulle telkens in ‘n doodloopstraat. Die slagoffers se hoë profiele veroorsaak ook ‘n ongekende mediaherrie, wat bykomende druk op die ondersoekspan plaas. Kassie probeer tevergeefs om agter die ware motief vir die wreedaard se moorde te kom. En Rooi pak ‘n ondersoek aan wat sy loopbaan en lewe op die spel plaas.

Die Spesiale Spookeenheid se elite-speurspan tas behoorlik in die duister rond. Het hulle dié keer hulle meerdere teëgekom?