Op die spoor van die Stasiemoordenaar (Maart 2026, Sagteband, 224 pg) Julian Jansen

Belangrike nota: Hierdie is ‘n voorafbestelling, publikasiedatum 27 Maart. Onthou asseblief dat ons volledige bestellings stuur. As jou bestelling ‘n voorafbestellingstitel insluit, sal jou volle bestelling eers versend word sodra alle voorraad beskikbaar is.

Vir agt jaar het die sogenaamde Stasiemoordenaar die Kaapse Vlakte in sy greep gehou. Van 1986 tot 1994 verdwyn 22 jong seuns spoorloos en die gemeenskap leef in vrees. Sommige van die seuns se liggame word later gevind, begrawe in vlak grafte in bosse en sandduine, met hulle hande agter hul rûe gebind. Meeste van die misdade is egter nooit opgelos nie en talle ouers soek steeds na die waarheid.

Lees meer hieronder.

Julian Jansen

R330.00

Available on back-order

SKU: 9780624095200 Categories: , , Brand:

Description

Norman Simons, ‘n laerskoolonderwyser, is in hegtenis geneem, maar is in 1995 slegs skuldig bevind aan een van die moorde. Ná 28 jaar van gevangenisstraf is Simons op parool vrygelaat in 2023, met talle onbeantwoorde vrae. Waarom het ooggetuies destyds ‘n ander man beskryf? Aan wie behoort die DNA wat op tonele gevind is?

Die gesoute joernalis en skrywer, Julian Jansen, volg die spoor van die Stasiemoordenaar en ondersoek hierdie donker raaisel wat steeds by die families en gemeenskap spook.

Meer oor die skrywer: Julian Jansen is ’n bekroonde ondersoekende joernalis wat vir 18 jaar as verslaggewer vir Rapport gewerk het, en werk tans as vryskutverslaggewer vir Netwerk24 en Kuier. Hy is die skrywer van die topverkoperboeke Die De Zalze-moorde, Moord op Stellenbosch en Die moord op Deveney Nel.