Suid-Afrikaanse leefstylgids vir Diabetes – Meer as 100 laekoolhidraat-resepte (Mei 2024, Sagteband, 264 pg) Vickie De Beer, Kath Megaw, Prof David Segal

Hierdie is ‘n voorafbestelling, publikasie 17 Mei. Neem asseblief kennis dat ons volledige bestellings stuur. As jou bestelling ‘n voorafbestellingstitel insluit, sal jou volle bestelling versend word sodra alle voorraad beskikbaar is. Met meer as 40 000 eksemplare wat wêreldwyd verkoop is, is die bekroonde Low-Carb Solution for Diabetics bygewerk en nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar as die Suid-Afrikaanse leefstylgids vir Diabetes. Hierdie boek is ‘n onontbeerlike hulpbron vir enigeen met Tipe 1- of Tipe 2-diabetes. Kinders en volwassenes wat met insulienweerstandigheid en metaboliese sindroom gediagnoseer is, sal ook baat vind by die resepte, wat sal help om te keer dat die siekte tot volwaardige diabetes ontwikkel.  Lees meer hieronder.

Vickie De Beer, Kath Megaw

R399.00

Available on back-order

Description

Die boek bevat die mees kostedoeltreffende stelsels en daaglikse strategieë om diabetes op ‘n praktiese vlak te hanteer.
Die boek hou die volgende voordele in:
• Help om die gebruik van medikasie vir diabetes te verminder of te voorkom
• Help met glukosebeheer
• Gee diabete die vryheid om ‘n meer normale lewe te lei
• Verbeter konsentrasie en prestasie
• Verbeter gesondheid
• Verlaag die risiko vir hartsiektes, beroertes en hoe bloeddruk