Description
Marinda Engelbrecht, ’n oudonderwyser, gewilde TV-sjef en self ’n ouma, weet maar alte goed waarvan kinders hou. Hier deel sy ’n dagstukkie of doen-ding vir kinders vir elke dag van die jaar. Dié boek is gepas vir nuwe lesertjies en saamlees, of dit nou saans in die bed of in die klaskamer is.
Die vrolike, kleurvolle illustrasies maak dit pret om te lees, nie net vir kinders nie, maar ook vir ouers en onderwysers. Dit wys kinders wat God vir hulle kan beteken en bou veerkragtigheid.
Die skrywer: Marinda Engelbrecht studeer onderwys en behaal ook ‘n diploma in Spraak- en Teaterkuns. Kosmaak en kinders is Marinda na aan haar hart en met Hallo, Jesus! wil sy graag gesinne help om kwaliteittyd in te ruim en ’n veilige ruimte skep waar gesinslede openlik met mekaar kan gesels en saam God kan aanbid.





