NV Oktober: Profesie-Bybel: Nuwe testament, 2020 vertaling (Bruin) (Hardeband, 220 hoogte x 150 wydte, 480 pg) Bybelgenootskap van SA

Hierdie is ‘n voorafbestelling, verwagte publikasie vroeg Oktober

Geen Bybel met ‘n spesifieke fokus op profesie is in Suid-Afrika gepubliseer nie. LUCA se PROFESIE-BYBEL sal ‘n eerste vir Suid-Afrikaanse Christenlesers wees. Beskikbaar in bruin en maroen.

Die Profesie-Bybel Nuwe Testament is die volledige 2020-vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se Nuwe Testament saam met 50 artikels oor profesie – ‘n eerste in Afrikaans! Elke Nuwe-Testamentiese Bybelboek is vergesel van ‘n inleiding wat fokus op die profetiese inhoud en belang van daardie boek. Die 50 artikels dek profesieë en sluit temas in soos geheimenisse en profesie, die Kerk en profesie, die laaste dae, tekens van die tye, die Antichris, die merk van die dier, die Nuwe Jerusalem en veel meer. Profesie beslaan ‘n groot gedeelte van die Bybel. ‘n Bietjie meer as ‘n kwart van die Skrif was profeties toe die Heilige Gees dit geïnspireer het. Vervulde profesie wys dat God getrou is om sy beloftes na te kom. Dit wys ook dat die Woord van God waar is. Omdat God waar en getrou is, kan Hy geglo en vertrou word om steedsonvervulde beloftes en profesieë ook te vervul (vgl Joh 13:19). Verder wys profesieë dat God soewerein oor die geskiedenis en tyd is (Jes 46:9-11; Dan 2:20-22). God is in beheer: Hy bring sy plan in Christus as Verlosser en Koning in die geskiedenis tot vervulling (Hand 4:12; Op 11:15). Profesie gee hoop vir ons toekoms in Christus. Die Profesie-Bybel Nuwe Testament, 2020-vertaling plaas die fokus op die profetiese aard van die Bybel en die talle beloftes van God wat nog vervul moet word. Profesie moedig ‘n heilige lewe aan, dit motiveer gelowiges om vir Christus te arbei en dit waarsku teen misleiding. Die Bybel is in 2 kleure beskikbaar – bruin en maroen.

Ekstras: Indeks – Lint Merker – Kop- en stertbande – Nuwe Testament
Plus 50 Artikels – Diagramme en notas – Maklik leesbare druk – Duursame hardeband – 52gsm Holmen Cream papier

Die artikels word deur ‘n teoloog en navorsing geskryf medewerker van die Departement Oud en Nuut Testamente aan die Universiteit van Stellenbosch.

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se taak is om bekostigbare Bybels te voorsien vir elkeen in hul eie taal en in geskikte formate sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar.

 

Bybelgenootskap van SA

R350.00

Available on back-order

Description

Die Profesie-Bybel Nuwe Testament is die volledige 2020-vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se Nuwe Testament saam met 50 artikels oor profesie – ‘n eerste in Afrikaans! Elke Nuwe-Testamentiese Bybelboek is vergesel van ‘n inleiding wat fokus op die profetiese inhoud en belang van daardie boek. Die 50 artikels dek profesieë en sluit temas in soos geheimenisse en profesie, die Kerk en profesie, die laaste dae, tekens van die tye, die Antichris, die merk van die dier, die Nuwe Jerusalem en veel meer. Profesie beslaan ‘n groot gedeelte van die Bybel. ‘n Bietjie meer as ‘n kwart van die Skrif was profeties toe die Heilige Gees dit geïnspireer het. Vervulde profesie wys dat God getrou is om sy beloftes na te kom. Dit wys ook dat die Woord van God waar is. Omdat God waar en getrou is, kan Hy geglo en vertrou word om steedsonvervulde beloftes en profesieë ook te vervul (vgl Joh 13:19). Verder wys profesieë dat God soewerein oor die geskiedenis en tyd is (Jes 46:9-11; Dan 2:20-22). God is in beheer: Hy bring sy plan in Christus as Verlosser en Koning in die geskiedenis tot vervulling (Hand 4:12; Op 11:15). Profesie gee hoop vir ons toekoms in Christus. Die Profesie-Bybel Nuwe Testament, 2020-vertaling plaas die fokus op die profetiese aard van die Bybel en die talle beloftes van God wat nog vervul moet word. Profesie moedig ‘n heilige lewe aan, dit motiveer gelowiges om vir Christus te arbei en dit waarsku teen misleiding. Die Bybel is in 2 kleure beskikbaar – bruin (9781776351572) en maroen (9781776351589)