Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur

Flip Buys

R350.00

Available on back-order

SKU: 9781990915000 Categories: , ,

Description

Die feite spreek vanself: Die Afrikaner is in ‘n volskaalse bestaanskrisis. Die redes hiervoor is al dikwels in die verlede ondersoek, maar nog nooit só brutaal eerlik, só trompop en só daadwerklik gekonfronteer as in Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur nie.

Dié boek ondersoek die krisis waarin die Afrikanergemeenskap homself bevind sowel as voorstelle vir oplossings om steeds vry, veilig en voorspoedig in hierdie land te kan bly woon. Dit bied ‘n padkaart na die enigste beskikbare én werkbare oplossing – groter selfbestuur – met planne om uitvoering daaraan te gee.

Die hede gaan nie weggaan nie, die verlede gaan nie terugkom nie, en die toekoms gaan nie vanself gebeur nie. Daarom is oorspronklike, vindingryke en ingrypende planne wat met skeppende vernuwing uitgevoer word nou nodig. Van hierdie planne vind neerslag in Flip Buys se toekomsblik op Suid-Afrika in 2030 wanneer konsentrasiegebiede van Afrikaners ‘n sleutelrol in bevredigende dienslewering, woon- en werkplekke gaan speel.

“Hierdie merkwaardige boek stippel ‘n roetekaart uit op die pad van groeiende selfbestuur, ‘n toekomsvisie en ‘n pad van hoop. Ryk aan internasionale en nasionale voorbeelde van selfbestuur wat die skrywer, soos altyd, op ewewigtige, beskeie, maar kristalhelder wyse oordra. Dié boek kom in ‘n tyd waarin wit mense (maar by name Afrikaners) onder geweldige druk verkeer. Dit verdien derhalwe nie net ‘n wye leserskring nie, maar doelgerigte aansporing.” Prof. Flip Smit, demograaf

“Afrikaners stoei oor hul toekoms in Suid-Afrika. Die vyandige staat wat verswak laat hulle magteloos voel. Selfbestuur plaas die toekoms in die hande van die gemeenskap. Dit is ‘n bevredigende gedagte. Hierdie boek gee diepte aan die idee van selfbestuur en gaan energie losmaak. Dit is ‘n tydige boek wat rigting gee.” Dr. Dirk Hermann, uitvoerende hoof: Solidariteit

“Buys se verfrissende boodskap van hoop dui ‘n duidelike pad aan wat Afrikaners en hul instellings deur selfbestuur moet volg om ‘n beter toekoms te skep. Terwyl AfriForum en ander instellings van die Solidariteit Beweging sal voortgaan om te veg teen agteruitgang en onreg, bied Buys ‘n goeie oorsig en vooruitskouing van die Beweging se uiters belangrike boukomponent. Ek het hoop, want ons gaan self die toekoms skep wat ons vir onsself én ons nageslag wil hê.” Kallie Kriel, uitvoerende hoof: AfriForum

“Flip Buys se boek verteenwoordig ‘n helder ligbaken in die hedendaagse politieke gesprek. Buys beïndruk nie net met ‘n diepgaande historiese kennis nie, maar ook met ‘n goed geskryfde, verbeeldingryke en hoopgewende antwoord op die uitdagings van ons tyd. Hierdie boek is ‘n absolute móét vir alle nugterdenkende Afrikaners.” Prof. Danie Goosen, akademiese hoof: Akademia

Flip Buys is die voorsitter van die Solidariteit Beweging, ‘n sambreelorganisasie wat uit 18 afsonderlike entiteite (waaronder Solidariteit, AfriForum, die FAK en Helpende Hand) bestaan en tans meer as 500 000 gesinne verteenwoordig