Sale!

Die vyfde slag (Sagteband, 384 pg) Johann Grobbelaar

Hoe vergewe jy as daar nie om vergifnis gevra word nie? Karl Louw, prokureur, word deur Helen Brodie genader om haar in regsgeding te verteenwoordig. Die regsaak veroorsaak dat Karl en sy vrou Wilma ook met ou wonde van die verlede gekonfronteer word: verraad, verkragting, die mag wat mans in n patriargale, chauvinistiese samelewing oor vrouens aanvaar. Terwyl Karl en Helen veg om haar professionele reputasie te beskerm, worstel Wilma met haar eie donker skuldgevoel en probeer haar man se verlede ontrafel. Sy onskuldige en ietwat idilliese skoolromanse is die grondslag vir alles wat Karl glo van die liefde, verhoudings en intimiteit en die rede waarom Wilma nie haar geheim met hom kan deel nie. Hoe vergewe jy as daar nie om vergifnis gevra word nie? Die verhaal hanteer verkragting en intimiteit op sensitiewe wyse: al drie vrouens word letterlik of figuurlik verkrag. Die boek word egter nooit neerdrukkende, gewroegde teks nie. Die titel verwys na die vyf tromslae aan die begin van Beethoven se vioolkonsert in D majeur, met die vyfde tromslag wat sowel afsluiting as begin is. Vandaar die motto deur TS Eliot: In my end is my beginning .

Johann Grobbelaar

Original price was: R320.00.Current price is: R160.00.

Available on back-order

SKU: 9780639606248 Categories: , Tag:

Description