Die Wonderwese

Carina Stander

R280.00

Available on back-order

SKU: 9781485310136 Categories: , ,

Description

Die Wonderwese is die tweede boek in die Bergengel-trilogie.

Won-der-we-se 1. (van die selfstandige naamwoord oervlerceia [urflærsia]): ‘n Ewigheidswese in Gabriëlliese opskrywings. 2. ‘n Vrylewende voëltjie wat deur die eeue oorgedra is van Bergengel na Bergengel, maar slegs ‘n paar keer in ‘n Bergengelbewind van twintig jaar verskyn, altyd tydens lewensgevaarlike oomblikke. 3. Die mistieke verteenwoordiger van die Helder Een wie se nabyheid tot oerheimlike vermoëns en verstommende wonders lei.

Sedert Eron Verberger en Velvel Azazel se gewelddadige struweling in die Vallei van Bergstrome het omstandighede in Gabriëllië geensins verbeter nie. Die Skoonbrand woed. Rondom die Klaagtermeer weerklink die Klokke van Hongersnood en in Nanaal offer desperate ouers hulle kinders aan ‘n kultusleier om hulle ‘n lewe van slawerny te spaar.
Ten spyte van Eron se verminkte hand is hy nou ‘n begeesterde Voetwerker vir die Geheime Rewolusie teen Vuurstorms en op soek na die laaste Geseëndes op die Kaart sodat hy hom by sy pa in Afrika kan aansluit.
By sy digtervriend Anav Elanov leer Eron dat woorde wapens is en hy stem in om ‘n “opebinnekantvers” na die landsleiers te neem – ‘n waarskuwing teen die gruwels wat gepleeg word in die opkoms van Gabriëllië as wêreldmag. Hy deurkruis stede, woude, moerasse, ysgrotte en bergpieke, bevriend boekgeleerdes en barbare, trotseer wolftroppe, dwaalgeeste en die nageslag van ‘n wangeskape ras. Maar die knaende vraag in sy binneste bly: As die Wonderwese werklik bestaan, waarom is daar geen teken van dié Teenwoordigheid nie? Of kyk Eron iets wonderbaarliks heeltemal mis?