Kamphoer (Afrikaans, Paperback)

Gedurende die Eerste Wêreldoorlog staan Susan Nell voor die deur van een van die private sale van ’n Britse militêre hospitaal. Op die deur is ’n enkele naam aangebring. Sy ken daardie naam. Sestien jaar tevore was sy gedurende die Anglo-Boereoorlog in die Winburgse konsentrasiekamp, en dit is waar sy daardie naam leer ken het. Sy lig haar hand om daardie deur oop te maak. Haar hand bewe onbeheerbaar. Maar sy is ’n psigiatriese verpleegster en dit is wat sy moet doen, getraumatiseerde soldate terugbring na die lig. As daardie soldaat egter die een is wat sestien jaar te vore met sy heupe alle lig uit jou gestamp het, is dit nie so voor die hand liggend nie. Susan Nell huiwer voordat sy die deur oopmaak, sy wik en weeg desperaat – sy wankel op die drumpel tussen lewe en dood.
Kamphoer is die ware verhaal van ’n vrou wat gedurende die Anglo-Boereoorlog wreedaardig verkrag en vir die aasvoëls weggegooi is. Met die hulp van ’n reeks weldoeners ontsnap sy aan die kloue van die dood en wy uiteindelik haar lewe aan die genesing van presies die soort trauma waaraan sy onderworpe was. En in die proses kom sy weer haar verkragters teë . . .

In Kamphoer word die weerbarstigheid van die menslike gees opgeweeg teen die ewe blywende invloed van trauma. Dit is ’n sielkundige riller wat jou tot op die laaste bladsy in sy yskoue greep sal hou.

Francois Smith

R290.00

Available on back-order

SKU: 9780624065517 Categories: , ,

Description