As ek jy was (Mei 2025, Sagteband, 192 pg, Kinders 9-12 yr) De Wet Hugo

Gretchen en Barbara haat mekaar. Gretchen kry die hoofrol in hulle dramaklub, maar word geboelie oor haar gewig, terwyl die gewilde Barbara die boelie is. ‘n Geheimsinnige sakkie wenspoeier veroorsaak egter chaos . . . Want Barbara daag die vakansie in Gretchen se lyf by die dieetkamp op, terwyl Gretchen in Barbara se lyf by die dramakamp aankom!

Lees meer hieronder.

De Wet Hugo

R210.00

Available on back-order

SKU: 9780798185271 Categories: , , Brand:

Description

Gretchen en Barbara haat mekaar. Gretchen kry die hoofrol in hulle dramaklub, maar word geboelie oor haar gewig, terwyl die gewilde Barbara die boelie is. ‘n Geheimsinnige sakkie wenspoeier veroorsaak egter chaos . . . Want Barbara daag die vakansie in Gretchen se lyf by die dieetkamp op, terwyl Gretchen in Barbara se lyf by die dramakamp aankom! ’n Skreeusnaakse, maar deernisvolle storie oor boeliegedrag, selfbeeld en ware vriendskap.

Die skrywer: De Wet Hugo is ‘n laerskoolonderwyser en werk al vir meer as ‘n dekade by Britse Internasionale Skole in Asië – eers in Saoedi-Arabië en nou in China. Kleinmond is sy Suid-Afrikaanse tuiste. Hy is die bekende skrywer van die Grilgrypers- en Kies-jou-avontuur-reekse, asook Katastrofe.