Description
Wat as jou bekende wêreld skielik verander en dit voel asof niks ooit weer “normaal” sal wees nie? Die krieketmal stadskind Ben bevind hom uit die bloute op die plaas by sy grootouers. Hy weet nie wanneer hy weer sy ouers sal sien nie, en die Gr 7-jaar waarna hy en Alvin so uitgesien het, is skielik vervang met praatjies oor lammers en weiding. Maar gaandeweg begin Ben die groter prentjie sien. ‘n Diepsinnige, dog ligte grootwordstorie.
Die skrywer: Christien Neser is ’n spraakterapeut van Bryanston, Johannesburg. Sy het haar eerste boek, Kondensmelk (Lapa) in 2009 gepubliseer. Dit was die begin van die gewilde Elle-reeks. Jeugboeke wat by Tafelberg verskyn het, is Amper Einstein (2013) en Pienk is nie vir sissies nie (2017).





