Benru se Boomskok – Die geheim van sy spesiale magte (Augustus 2024, Sagteband, 120 pg, Kinder fiksie) Felicia Snyman-Du Toit, Illustreerder: Luan Serfontein

Benru en sy boetie Wayne bly nou by hulle ouma. Sy is nie ’n liefdevolle ouma wat koekies bak en drukkies gee nie. Sy is saaklik en formeel. En sy steek iets weg. Benru is seker daarvan.

Lees meer hieronder.

Felicia Snyman-Du Toit

R160.00

Available on back-order

SKU: 9780637005562 L Categories: , ,

Description

Benru dink gereeld nog aan sy ouers. Hoe hulle skielik verdwyn het. Die polisie sê dat hulle dood is. Maar Benru is nie so seker nie …

Deesdae is baie dinge vir Benru vreemd.

• Het Wayne regtig deur ’n boom in Ouma se agterplaas geklim en DEUR TYD GEREIS?
• Wie is die eienaardige mense wat aan die deur klop?
• Het Benru magte waarvan hy nie weet nie?

Benru is in vir ’n wegholrit van ’n avontuur van tydsreis, geheime agente en spesiale magte!