Ek Was Hier (Paperback, 176 pg, ouderdom 13+, herdruk Jan 22) Nanette van Rooyen

Frankie se gesin is anders. Haar pa kom van Vlaandere, lyk soos Atilla die Hun, en hy praat nog steeds Nederlands – en soms ‘n bietjie Frans as hy Frankie wil treiter. Hy ry met ‘n Big Boy-bromponie en het sy eie kookskool. Haar ma het in die hippie-jare vasgesteek, dra batik-broeke en het die hele planeet en al sy bewoners lief. En Frankie? Sy is mal oor skaatsplank ry en kunsflieks. Sy wonder oor Milan, die geheimsinnige, stil ou in haar klas met die swart hare en bleek vel. En sy wonder oor die papier-rot en die Banksy-boek wat sy een oggend op haar balkon kry.

Milan se pa is liewer vir syfers as vir woorde of ander mense. Hy is ‘n wiskunde-onderwyser met ‘n swartraambril en ‘n strikdas. Min mense sal vermoed dat hy ‘n swart gordel in judo het. En Milan? Hy neem kitaarlesse, hou van flieks, old school-musiek soos Pink Floyd en Led Zeppelin en sny snags stensils uit karton. Hy wonder wat deesdae met hom aangaan – is hy siek of verlief? Wat dit ook al is, dit het begin die oomblik toe hy Frankie by die Waterfront gesien het.

Nanette van Rooyen

R195.00

Available on back-order

SKU: 9780799354966 Categories: , ,

Description