Foto’s en fairy lights (Julie 2024, Sagteband, 256 pg, Tiener Fiksie) An-Mari do Carmo

Elzandri, ’n holderstebolder plaaskind uit ’n groot, hegte familie, het een jaar om aan haar pa te bewys sy kan haar eie toekomsbesluite neem voor hy haar dwing om na matriek universiteit toe te gaan. Daar’s net een probleem: sy moet die knorrige buurseun vra om haar te help.

Lees meer hieronder.

An-Mari do Carmo

R250.00

Available on back-order

SKU: 9780798184458 NB Categories: , ,

Description

Haar ouers dink sy’s te veel van ‘n loskop en sy maak nooit enigiets klaar nie, maar Elzandri is vasberade om beheer te neem van haar eie lewe. Wanneer haar oudste niggie verloof raak en Elzandri vra om die troufoto’s te neem, is dit die perfekte geleentheid om haar geliefde stokperdjie in ‘n besigheid te omskep.

Daar’s net een probleem: sy moet die knorrige buurseun vra om haar te help.

‘n Besigheid, graad 11, familiedrama, eerste liefde en haar eie wankelrige geloof . . . Dis baie dinge op een slag en dit voel vir Elzandri of haar deurmekaar brein heeltyd teen haar werk. Dis mos maar net haar hele toekoms wat daarvan afhang . . . so no pressure.

Die skrywer: An-Mari do Carmo is ’n bekroonde skrywer, redakteur en boekwurm. Haar ongewone grootwordjare as deel van die KwaSizabantu Sending-kultus het aanleiding gegee tot die skryf van haar debuut, Toe als groen was (2022), wat bekroon is met die Desmond Tutu-Gerrit Brandprys sowel as ’n ATKV Kinderboektoekenning. Sy woon in Klerksdorp saam met haar man.