Hondman 5: Heerser van die vlooie (Julie 2024, Sagteband, 256 pg, Kinder 10-12 yr) Dav Pilkey

Die vyfde Hondman-boek volg die wenresep van die vorige strokiesboeke: humor, aksie, spanning, asook kleurvolle illustrasies, komiese karakters en kort, eenvoudige sinne. Daar is weer ‘Blaai-en-beweeg’ en ‘Teken 1-2-3’ wat kinders help om hulle eie Hondman en ander karakters in die boek te teken.

Lees meer hieronder.

Dav Pilkey

R260.00

Available on back-order

SKU: 9780798184274 NB Categories: ,

Description

In die vyfde boek van die Hondman-reeks moet die ‘Megamakkers’ met nuwe skurke afreken!

Wanneer die skelms hulle verskyning maak, moet ons helde saam met ‘n onwaarskynlike bondgenoot werk. Kan Ramkat van sy wrokke vergeet en vir Hondman, Kleinkat en ‘n merkwaardige robot help om die vyande uit sy verlede te laat les opsê?

Bekroonde skrywer en kunstenaar Dav Pilkey se gewilde Hondman-reeks spreek lesers van alle ouderdomme aan en verken universele positiewe temas, insluitend empatie, volharding en die belangrikheid daarvan om getrou aan jouself te bly.