Description
WJ, sy suster Mindie, en hul beste vriend Raj, wil graag iets asemrowends aantrek vir die skool se kostuumdag aan die einde van Boekeweek. Hulle moet soos karakters uit hulle gunstelingboek aantrek en besluit op Die Drie Musketiers. Maar wanneer hulle in ‘n vreemde oudhedewinkel op die perfekte bykomstighede vir hulle kostuums afkom, loop dinge lelik skeef. Nou is hulle Die Drie Muskiete! En hulle moet ‘n wêreld van insekte en monsters oorleef om weer hul pad terug te vind huis toe.
Die skrywer: De Wet Hugo is ‘n laerskoolonderwyser en werk al vir meer as ‘n dekade by ‘n Britse Internasionale Skole in Asië – eers in Saoedi-Arabië en nou in China. Kleinmond is sy Suid-Afrikaanse tuiste. Hy is die bekende skrywer van die Grilgrypers- en Kies-jou-avontuur-reekse, asook Katastrofe.





