Amma – ‘n Memoir (Februarie 2024, Sagteband, 176 pg) Charmaine Africa

Amma is die verhaal van Charmaine Africa wat grootword in Bishop Lavis teen die agtergrond van apartheid in ’n armoedige, apolitiese familie. Sy volg in die voetspore van haar ouma en haar ma met ’n onwrikbare doel: om haar familie bymekaar te hou terwyl alles uitmekaar val. Charmaine Africa is ’n skrywer wat stip in die afgrond in kyk, en dan iets sê om die afgrond hardop te laat lag. Dié is ’n memoir wat diep in die lyf van elke leser gaan sit.. Amma gee ‘n stem aan die oorlewingstryd op die Kaapse Vlakte en ‘n eerlike blik op die kringloop van kru armoede. Die vertelling is onopgesmuk, hartverskeurend en meesterlik.  Lees meer hieronder.

Charmaine Africa

R235.00

Available on back-order

SKU: 9780624094876 NB-1 Categories: , , Tag:

Description

Op skool was ôs gelee met patrone om cursive te skryf. En gelee tel sône om ôs vinges te gebryk. En kyk nou vi ôs, ôs met ôs nommes en somme wat meer veloorit as wat ôs ooit kan tel, ôs met ôs mooi handskrifte en nieman om voo te skryfie. In haar verrykende memoir skryf Charmaine Africa op narratiewe wyse, en in Kaaps, oor haar grootwordjare in Bishop Lavis. Haar lewensverhaal, wat verras met humoristiese oomblikke, sentreer op die alledaagse bestaan van haar familie vanaf die 1960’s: haar ma, Amma, wat spartel om haar werk en gesin bymekaar te hou; haar alkoholis-pa; haar susters wat ook ‘n verbete stryd in hul eie huwelike voer; haar broers wat uiteindelik voor die drankduiwel swig; en haar eie ontwikkeling as kind tot ‘n jong vrou wat ‘n onvermydelike siklus probeer veg.