Bloed/Blut (Afrikaans, Sagteband, 256 pg) Coreen Erasmus-Bezuidenhout

Die liefde oorbrug alles. … BLOED/BLUT is ’n historiese roman wat in Berlyn, hoofstad van Duitsland, afspeel gedurende 1933, toe Hitler kanselier geword het, tot 1938, amper net voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog. Lees meer hieronder.

Coreen Erasmus-Bezuidenhout

R220.00

Available on back-order

Description

BLOED/BLUT is ’n historiese roman wat in Berlyn, hoofstad van Duitsland, afspeel gedurende 1933, toe Hitler kanselier geword het, tot 1938, amper net voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog.
Die liefde oorbrug alles. Helmut, ’n jong Duitser en seun van ’n Duitse generaal, raak verlief op die beeldskone donkerkop Rut, Jodin en dogter van ’n bekende rabbi. Helmut is ’n informant van die gevreesde Gestapo. Hy doen dit noodgedwonge om sy gay broer teen vervolging te probeer beskerm. Die Gestapo is die oë en die ore van die Duitsers wat die Jode haat en bloedvermenging tussen eg Ariese Duitsers en untermensch, die Jood, wat nie as menswaardig beskou is nie, verbied. Oortreding van hierdie wet is ten sterkste veroordeel en kon selfs later met die dood gestraf word. Ironies dat Rut se suster met opregte katte teel en probeer om die bloedlyn suiwer te hou. Sal die talle kerke in Duitsland en die groot wêreldmoondhede daarbuite die vasgekeerde Jode, wat nou afgesonder, bespot, verneder, wreed vervolg, verarm en selfs vermoor word, kan help?

En wat van die verliefde Rut en Helmut… die Jode is tog mos die uitverkore volk van God? Het die donker voorspellings van die eeue oue profete oor die Jode, dan nou uiteindelik waar geword?