Bloedsomer (Maart 2024, Sagteband, 304 pg) Sidney Gilroy

Die hel is los in Mooibaai. Konstabel Petunia Moraleng en sersant JP Hendriks moet die geheime van die Heemstra-familie ontrafel voordat die moordenaars en hul helpers met hul gruwelike buit ontsnap. “Gilroy woeker weer met ‘n vars naelbyt-storie, skrikwekkende boewe en dié keer ‘n sterk nuwe speurder” – Irna van Zyl.  Lees meer hieronder.

Sidney Gilroy

R350.00

Available on back-order

Description

Nêrens is ook ‘n plek. As jy nêrens anders het nie.

Petunia Moraleng, voormalige stasiebevelvoerder op Parys, is haar rang kwyt en oorgeplaas Mooibaai toe. Vroeg in Desember word die oorskot van twee jong vroue ontdek en oornag bevind sy haarself as die hoofondersoeker in ’n raaiselagtige moordsaak.

Wat het Die Clowns, ’n Russiese skeepskaptein en die matriag van die vooraanstaande Heemstra-familie se testament gemeen? En waar kom die albaster in die eerste slagoffer se hand vandaan?