Bloedvreemd (Herdruk, Sagteband, 272 pg) Juliana Coetzee

Bloedvreemd vertel die aangrypende verhaal van ‘n ma se poging om haarself en haar gesin heel te hou en vrede te maak met ‘n kind wat nou “in ‘n ander vorm leef”.

Juliana Coetzer

R235.00

Out of stock

SKU: 9781990977909 FL Categories: , , ,

Description

Tydens ‘n gesinsvakansie raak die sewejarige Anneke siek en draai by die dood om. Sy herstel, maar met ernstige nagevolge: weens breinskade word haar verstandelike agteruit-gang elke maand meer sigbaar. Om die sprankelende kind wat lag en presteer te behou, en die naderende gestremdheid af te weer, gaan die gesin op ‘n soektog na ‘n wonderkuur. Alles word probeer, van alternatiewe behandelings en ‘n vreemde dieet tot ‘n besoek aan die profeet TB Joshua in Nigerië.
Soos die siekte toeneem, word alles vir Juliana vreemd en onherkenbaar – haar kind, sy self en haar gesin. Sy voel onbevoeg om haarself of haar gesin te red. Haar eens vrolike huis word ‘n plek waar elke lid van die gesin op ‘n ander manier leer om te oorleef. Want Anneke se siekte laat almal se unfinished business uit die kas val. Juliana se pad na aanvaarding dwing haar uiteindelik om ook op haar eie spore terug te loop en haar idee van ma-wees te heroorweeg.
Bloedvreemd vertel die aangrypende verhaal van ‘n ma se poging om haarself en haar gesin heel te hou en vrede te maak met ‘n kind wat nou “in ‘n ander vorm leef”. Juliana Coetzer skroom nie om te wys wat in die binnekamers van haar huis gebeur nie en laat die leser beurtelings saam met haar huil én lag.
Juliana Coetzer woon in Vermont. Wanneer sy nie skryf nie, doen sy psigoterapie met mense wat trauma ervaar het. Haar skool vir volwassenes, School of Awareness, bestaan reeds 15 jaar lank. Haar boek wat spesifiek die onderwerp van trauma aanspreek, Oorkant jou, het in 2017 verskyn. Die kind se naam is Anneke, is die opvolg van Bloedvreemd en verskyn in 2021.