Boereverneukers – Afrikaanse Swendelaars, Swierbolle En Swerkaters (Afrikaans, Paperback, 201 pg) Izak du Plessis

Hulle lieg, bedrieg, gee voor. Hulle verdraai, verdoesel, verduister, verwoes. Geleidelik palm hulle jou vertroue in. Dan, eensklaps, is jy jou geld, status en reputasie kwyt. Só oortuigend doen hulle dit dat selfs die slimste, mees ingeligte mense ’n rat voor die oë gedraai word en eers besef wat hulle getref het nadat grootskaalse skade aangerig is en die gladdebek soos mis voor die son verdwyn het. Lees meer hieronder.

Izak du Plessis

R240.00

Available on back-order

Description

Hulle lieg, bedrieg, gee voor. Hulle verdraai, verdoesel, verduister, verwoes. Geleidelik palm hulle jou vertroue in. Dan, eensklaps, is jy jou geld, status en reputasie kwyt. Só oortuigend doen hulle dit dat selfs die slimste, mees ingeligte mense ’n rat voor die oë gedraai word en eers besef wat hulle getref het nadat grootskaalse skade aangerig is en die gladdebek soos mis voor die son verdwyn het. Maar selfs swendelaars kom hulle moses teë…

Boereverneukers vertel die stories van Afrikaanses wat van ons land se grootste skelmstreke gepleeg het.

Van die karakters is minder bekend by die publiek, maar ander het byna mitiese status in die Afrikaanse psige verwerf, soos die kubuskoning Adriaan Nieuwoudt, die pynmasjienman Gervan Lubbe, die kamma-pediater André Esterhuizen, die Hertzogville-profeet David Francis en die Trustbank-rowers Derek Whitehead en Antonie van der Merwe.

Dalk het jý ook deurgeloop, maar praat tot vandag toe nie graag daaroor nie.