Description
Marius Crous se debuutbundel is ‘n moderne Suid-Afrikaner se reis deur koloniale Afrika. Dit le ‘n sonderlinge verband tussen hede en verlede, tussen Afrika en Europa, die geskiedskrywer, die joernaalskrywer en die digter. Hierdie uitstekende versameling gedigte is in 2004 met die UJ-debuutprys bekroon.