Bure van Nature (Sagteband, 240 pg) Hennie van Deventer

Hierdie stories is inheems soos kremetartbome, onderhoudend soos ‘n kuier om ‘n hardekoolvuur.
Die skrywer en sy vrou het ‘n huis in Sabiepark, ‘n private natuurreservaat aan die Sabierivier, waar wilde diere name het, soos die luiperd Vin Diesel en die vlakvark Brood. Waar ‘n hiëna vir aandete by die stoeptafel opdaag. Hulle het met die jare boekgehou van buitengewone verskynings en gebeurtenisse. Sy stories oor Sabiepark en die Wildtuin blaai die veld oop en gee ons ‘n intieme kykie op wilde diere. Dit stem tot nadenke, soos die uitstekende “Skurwe slaapmaats” waar die leser leer hoe om ‘n olifant te benader: met groot nederigheid, neergeslane oë en geknakte nek. Daar is interessante inligting, soos dat baldadige jong olifantbulle uit die trop verban word totdat hulle geleer het om hulle te gedra. Dat olifantkalwe 100 tot 120 kg kan weeg.
Die stories word gekenmerk deur fyn waarneming, ‘n droë humorsin en buitengewone woordvaardigheid.

Hennie van Deventer

R250.00

Available on back-order

SKU: 9781485312178 Categories: , ,

Description