Christine le Roux Keur 9 (November 2023, Sagteband, 366 pg) Christine le Roux

Hierdie keur bevat drie lekkerlees liefdesverhale deur Christine le Roux: ’n Wêreld sonder hom​, ’n Kwessie van tegniek en Bewys van liefde.  Lees meer hieronder.

 

Christine le Roux

R290.00

Available on back-order

Description

’n Wêreld sonder hom : Nicoline is dertig maar al die mans wat op haar verlief raak, verveel haar gou. Maar wanneer sy haar broer in die hospitaal besoek en haar ontferm oor die ander pasiënt in sy saal, neem haar lewe ’n ander wending.

’n Kwessie van tegniek: Alicia het tydens haar onderhoud met die begaafde akteur André Rosner haar so vererg dat sy vir hom presies gesê het wat sy van hom dink voordat sy uitgestorm het. Nou bevind sy haar op ’n klein Karoodorpie as draaiboekskrywer van ’n filmspan. En André Rosner speel die hoofrol.

Bewys van liefde: ’n Bekwame jong fisioterapeut sien hoe haar vriend se broer in selfbejammering verval en ’n kluisenaar raak na ’n ongeluk waarin hy verlam is. Sy besluit die enigste manier om hom uit sy neerslagtigheid te skok, is met ’n goeie dosis eerlikheid.

Christine le Roux was ’n skuilnaam van Eleanor Baker. Tydens haar loopbaan het sy vyftien romans, twee draaiboeke en verskeie jeugboeke geskryf. Die kwart-voor-sewe-lelie is in 1991 vir die Old Mutual-prys vir letterkunde benoem, terwyl Verbeelde werklikheid in 1996 op die kortlys was vir die M-Net-boekprys. Sy is op 1 Julie 2002 oorlede.