Die beweging van bloed (April 2024, Sagteband) Pieter Stoffberg

Jou vyand is nader as wat jy dink.  ’n Naelbytspanningsverhaal wat jou laat raai tot die einde.  Deur die skrywer van Tenk. Lees meer hieronder.

Pieter Stoffberg

R320.00

Available on back-order

SKU: 9781776380770 PRH Categories: , , Tag:

Description

Professor Nino Everhard word op sy kombuisvloer wakker met bloed oral. Iemand het ingebreek en hom en sy vrou, Willemien, aangeval, maar niks gesteel nie. Wat wou die aanvaller hê? Nino weet dit was nie toeval nie. Hy is uitgekies. Iemand wou vir hom ’n boodskap stuur. Op sy speurtog na antwoorde lei die leidrade hom op ’n kronkelpad deur sy verlede na die skadukant van die samelewing. Elke tree nader aan die waarheid is ook ’n tree nader aan lewensgevaar. Sal Nino die antwoorde kry waarna hy soek? En hoeveel van sy eie duiwels gaan hom langs die pad inhaal? Die beweging van bloed is ’n naelbytspanningsverhaal wat jou laat raai tot die einde.