Description
Speurder Ella Neser stel ondersoek in nadat vier voete in ‘n Checkers-sak in ‘n openbare tuin gevind word. Lou Pepler, eks-polisieman, nou sekuriteitskonsultant, glo dit hou verband met ‘n saak wat hy 20 jaar gelede ondersoek het – die verdwyning van Billy Katz, rykmanseun en rokjagter. Ella se soektog lei na ‘n begrafnisonderneming in Turffontein en die Pottas-familie. Maar hoe hou die voete verband met Billy Katz se verdwyning en die saak wat Lou sy loopbaan en amper sy lewe gekos het?