Description
DIE AARDE HOU AAN MET DRAAI
As jy iemand verloor, gaan die lewe voort. Jý moet ook. Dit is wat die Van Wyk-gesin leer met een van hulle se dood.
Op ’n manier moet hulle sin maak uit wat gebeur het – en uit wat volg.
Daar is Ruan, die chirurg-pa wie se werk altyd eerste gekom het.
Markus, die matriekseun van wie almal groot verwagtinge het, wat bots met sy eie. Die drie jaar jonger Leandri wat besef sy het nooit haar ma geken nie. En Sophia wat met haar eerste skooljaar begin.





