Gebeente (September 2023, Sagteband, 408 pg) Etienne van Heerden

Met ’n onverwagte trein kom Magistraat Imker Goedeman aan op Gebeente, ’n klein dorpie op die Vergete Grootpad noord van Sutherland. Die omgewing is geruk deur ’n opspraakwekkende plaasmoord, maar ’n nog komplekser saak moet ondersoek word: die diefstal van die melkweg. Ons is hier in die buurt van onwaarskynlikhede en eindelik word die ganse regstelsel uitgedaag. Historie, mite, allegorie en magiese realisme word sjarmant verweef in dié meeleurende roman. Lees meer hieronder.

Etienne van Heerden

R385.00

Available on back-order

SKU: 9780624094678 NB Categories: , , Tag:

Description

Dit is byna vier dekades ná Toorberg. Met ‘n onverwagte trein kom Magistraat Imker Goedeman (wat destyds as jong man die afarm- magistraat van Toorberg, Abraham van der Ligt, in die gange van Bellville se landdroshof raakgeloop het) aan op Gebeente, ‘n klein dorpie op die Vergete Grootpad noord van Sutherland. Die omgewing is geruk deur ‘n opspraakwekkende plaasmoord, maar ‘n nog komplekser saak moet ondersoek word: die diefstal van die melkweg… Ons is hier in die buurt van onwaarskynlikhede en eindelik word die ganse regstelsel uitgedaag. Historie, mite en allegorie word sjarmant verweef in dié meeleurende, fassinerende roman, en eindelik voer. Etienne van Heerden sy kenmerkende magiese realisme die verste in sy hele oeuvre.

Etienne van Heerden is professor emeritus aan die Universiteit van Kaapstad en stigter-redakteur van LitNet, wat LitNet Akademies insluit. Hy woon op Stellenbosch.