Gelofte land (Afrikaans, Paperback, 296 pg) deur FA Venter

Terwyl Rudolp Drey en sy gesin probeer herstel van die smart cab Moordkoppie, gaan die laer gebuk onder masels en ‘n verwoestende haelstorm, ‘n Hewige konfrontasie met die Zoeloes volg waarin in elke man, vrou, bejaarde en jong kind moet veg. Sien hieronder vir meer ….

F.A. Venter

R250.00

Available on back-order

Description

Rudolf Dreyer en sy gesin steier nog onder die geweld van Moordkoppie. Buks is vermoor. Oupa Helgaardt Dreyer is vermoor. Terwyl hulle probeer herstel van die smart, gaan die laer gebuk onder ander moeilikhede: masels en ’n verwoestende haelstorm. Dit voel vir Rudolf asof die Nuwe Land sy rug op hulle gekeer het. En hy wankel in sy geloof. ’n Hewige konfrontasie met die Zoeloes volg waarin in elke man, vrou, bejaarde en jong kind moet veg. Die Zoeloes word net-net afgeweer, maar dit berei die weg vir die volgende en grootste geveg nog ooit: Die geveg by Bloedrivier.