Immer Wes (September 2023, Herdruk, Oorlogstrilogie 1 van 3, Sagteband, Herdruk, 544 pg) Irma Joubert

Dis met ‘n skok dat sy Gustav weer sien by een van die baron se talle onthale. Die swaarkry van die oorlog het egter sy tol geeis en daar is weinig oor van die eens beeldskone en ryk vrou. Hy herken haar nie dadelik nie. Sy doen moeite om te sorg dat dit so bly, want die vernedering sal vir haar te groot wees met haar rooigeskropte hande, haar dowwe hare en haar brandmaer lyf.  Sien meer hieronder.

Irma Joubert

R350.00

Available on back-order

Description

Op die vooraand van WO1 ontmoet die ryk, beskermde 14-jarige Hildegard von Plötzke van Oos-Pruise ‘n student genaamd Gustav uit Duits-Suidwes. Hoewel daar nie sprake van ‘n verhouding is nie, omdat sy net ‘n kind is, maak hy ‘n onuitwisbare indruk op haar en haar sy is hartseer en verlore toe hy – sonder om te groet – teruggaan na sy land van herkoms wanneer WO1 uitbreek. Ná die oorlog is daar van haar pa se rykdom weinig oor, maar sy trou met ‘n ryk dokter en verhuis na Berlyn waar sy mettertyd weer ‘n welvarende lewe lei.
Hulle het drie kinders: twee seuns en ‘n dogtertjie, Ester. WO2 breek uit en haar man en twee seuns sterf aan die front. Hildegard en Ester skuil in hulle kelder, beleef bomaanvalle, oorleef die koue, die hongersnood en die verskrikking van oorlog.
Hulle kry ‘n uitkoms deur na Suidwes te emigreer. Hildegard kry werk as huishoudster en versorger by ‘n moeilike ou Duitse baron in Windhoek, waar sy en haar kind in die bediendekwartiere woon.
Sy is geweldig geskok toe sy Gustav by een van die baron se talle onthale herken. Die swaarkry van die oorlog het egter sy tol geëis en daar is weinig oor van die eens beeldskone en ryk vrou. Hy herken haar nie dadelik nie. Sy doen moeite om te sorg dat dit so bly, want die vernedering sal vir haar te groot wees met haar rooigeskropte hande, haar dowwe hare en haar brandmaer lyf.
Tog herken hy haar wel wanneer sy in een onbewaakte oomblik klavier speel by een van die onthale. Die storie eindig soos alle sprokies. Gelukkig.

Immer Wes is die eerste boek in Irma Joubert se nuwe trilogie. Al drie verhale het as kern die lyding van vroue en kinders. Joubert sê ‘dit maak nie saak wie die vyand is nie, die vergrype teen die mens is dieselfde. Sodra honger oorneem, word die mens soos ‘n dier’.