Man op ‘n fiets êrens heen (Sagteband, 184 pg, Kortverhale) Frederik de Jager

UJ-debuutprys 2022 en Eugene Maraisprys vir Prosa 2022

Wat Frederik de Jager se verhale uniek maak, is die feit dat dit om mense sentreer, dat dit fyngetekende portretstudies is. Of dit nou Jan Rabie, die enigste dogtertjie op ‘n seunskoolbus, Mal Marina die klawerkoningin is of die seun op die speelgrond wat so stip kon kyk, of sy laerskoolvriend die aksieheld, dis karakters waarmee elke leser kan vereenselwig. Soms is die onderwerp die skrywer self, die skaam seun wat Sartre se selfbewustheid as bewustheid verstaan, die een wat weier om die klavierspelende sissie te wees. Die skryfwerk is dus tydloos en universeel.

De Jager het ‘n fyn oog en ‘n slag met die woord. Soos Dana Snyman kan hy ‘n emotiewe snaar raaktokkel en nostalgie opwek. De Jager is egter eerder prosaïs as volksverteller. Hierdie verhale is raak woordprente wat die uitsonderlikheid van gewone mense vasvang, met deernis, humor en ‘n skeut hartseer – Op een na het al hierdie stukke verskyn in die tydskrif Vrouekeur van 2015 tot met die sluiting daarvan in 2020, as aflewerings in die rubriek “Mense onderweg”. Die laaste, langer stuk was ook in Vrouekeur, maar as alleenstaande artikel.

OOR DIE OUTEUR
Frederik de Jager was taalonderwyser, uitgewer en redakteur. Hy was betrokke by JL van Schaik, Tafelberg, Queillerie, African Sun Media, Umuzi en Penguin South Africa. Oor die jare was hy uitgewer van ‘n groot aantal bekroonde skrywers. Tussendeur was hy artikelskrywer, resensent, vervaardiger van dokumentêre TV-programme, keurder en beoordelaar van onder meer die M-Net Literêre Toekenning en die kykNET-Rapport Boekpryse. Hy is betrokke by skryfskole, onder andere op die eiland Lesbos waar hy woon. Sy vinjette het ‘n groot en lojale gevolg op Facebook.

Frederik de Jager

R265.00

Available on back-order

SKU: 9781485312093 Categories: , , Tag:

Description