‘n Sjerpa vir jou Lewensreis (Sagteband, 224 pg, Nie-fiksie) Ansja Ferreira

“Hierdie boek is ‘n uitsonderlike en pragmatiese gids wat die leser herinner aan die essensie van wat werklik saak maak en waardevolle insigte verskaf oor die oorkom van uitdagings en die oorwinning van jou persoonlike ‘Mount Everests’. Ek beveel hierdie boek aan as ‘n moet-lees” – Leser resensie.  Lees meer hieronder.

Ansja Ferreira

R280.00

Available on back-order

Description

Daar is ‘n groeiende behoefte na betekenis, vrede en kalmte in die vinnig veranderende en ietwat chaotiese wêreld waarin ons tans leef. Ons lewensreis kan vergelyk word met die ervaring om ʼn berg te klim. Dit is ʼn avontuur met op en afdraandes, stopplekke, ʼn reis na bo, ʼn wedloop van motivering, geduld en krag, maar uiteindelik is die mees asemrowende gevoel wanneer jy die kruin van die berg bereik.

Indien jy ooit sou besluit om Mount Everest aan te pak, sal jy dit waarskynlik doen onder leiding van ‘n Sjerpagids. ‘n Sjerpa op jou lewensreis kan jou leer van gemaksones, ankers, jou rugsak ( uitbranding, nederigheid, empatie en ‘n spirituele benadering.

Lesers word uitgedaag om ‘n kopskuif te maak en self oplossings te vind vir hul probleme en die lewenspad vorentoe Hierdie boek help mense die kuns van lewensafrigting en bewusvolheid aanleer en gee hulle vryheid om dit op hul eie manier toe te pas. Wat doen jy wanneer die lewe jou platgeslaan het? Hoe hanteer jy verandering en staan jy weer op? Van wenslysie tot werklikheid en om uit uit die donker na die lig te beweeg.