NV: Bekostigbare Tuinmaak (Sagteband, 128 pg) Nancy Gardiner

Tuinmaak is deesdae taamlik gespesialiseerd en duur, maar met die nodige kennis en deursettingsvermoë is dit nie net moontlik nie, maar eintlik maklik om ’n pragtige en funksionele tuin te skep sonder dat dit jou ’n fortuin kos. Hierdie boek bevat ’n magdom tyd- en kos-tebesparingsidees om mee af te skop. Ingesluit is ’n uitgebreide lys waterbesparende plante en waterbesparingswenke, ’n menigte voorstelle vir herwinning, en volledige inligting oor voortplanting sodat jy jou tuin kan vul met plante wat jy van nuuts af gekweek het – dis nie net goedkoop of selfs heeltemal gratis nie, maar ook uiters bevredigend. Lees ook oor die natuur se eie verdedigingsmeganismes en hoe jy sommer ’n klomp geld kan spaar deur snyblomme in jou tuin te kweek. Ofskoon dit ryklik in kleur geïllustreer is met potloodtekeninge en Nancy Gardiner se lieflike inspirerende tuinfoto’s, bly die boek heerlik prakties – die één tuinboek wat jy nie kan bekostig om nie te hê nie.

Nancy Gardiner

R120.00

Available on back-order

Description