NV: Die wonderwêreld van Willem Landman (Sagteband, 240 pg) Johan Kruger

Die wonderwêreld van Willem Landman gaan onder andere oor Mintaka, een van drie sterre in Orion se gordel. Dis eintlik tweelingsterre, die een ʼn bloureus, die soldaat, en die ander sagter, vriendeliker. Dit speel op die twee broers in die boek: Alex, meestermanipuleerder en sy afwesige broer, Zander. Alex het vir hom ʼn aansienlike sakeryk uit gekonkel opgebou. Hy het vir hom ʼn vesting op ʼn koppie gebou nadat hy Bella, die Griekwa-vrou aan wie se familie die grond reeds geslagte behoort, bedrieg en die munispaliteit omgekoop het. Van daar bedryf hy sy sake en daarheen laat kom hy sy “agente”. Hy is magsbehep en ʼn sekspes. Hy is ook psigoties, bossies en vermoedelik skisofrenies.
Die karakter wat die kollig steel, is die titelkarakter, Willem Landman – een van Alex se agente. Lesers het hom leer ken as die sukkelende kulkunstenaar in Die formidabele Ling Ho. Willem is ʼn formidabele bullshitter, ‘n stiksienige siener wat moontlik, per ongeluk, wel oor sekere gawes beskik, effens kommin, ongeleerd maar vol planne en ʼn oog vir ʼn gaping. Onrus broei in die gemeenskap en dinge word op die spits gedryf wanneer ‘n hele paar agente tegelyk by Alex se vesting byeenkom.

Johan Kruger

R280.00

Available on back-order

SKU: 9781485313267 Categories: , , ,

Description