Description
Dwarstrekkers, nonkonformiste, buitestaanders, randeiers…Noem hulle wat jy wil, Suid Afrika het meer as sy deel eksentrieke karakters opgelewer wat mense van die vroegste tye af na hulle asem laat snak of verstom agter hulle hand laat fluister het. Hierdie rare mense het met die jare hul merk gemaak op vele terreine. Dis hulle wat Daniël Lotter aan ‘n nuwe geslag lesers bekendstel.
OOR DIE OUTEUR: Daniël Lötter is ‘n boorling van die Bo-Karoo, waar hy van kleins af die kuns van stories vertel by meesters op dié gebied geleer het. Hy het ‘n makabere belangstelling in misdaad, veral moord, maar ook spoke en ander rare karakters en verskynsels. Sy debuutbundel kortverhandel, Die grootpad is ‘n grondpad, het vroeg in 2020 by Protea Boekhuis verskyn. 17 maal moord (2020), Ware spookverhale van Suid-Afrika (2021) en 14 maal moord (2022) is hoog aangeprys deur resensente en het albei groot byval gevind by lesers.





