NV: Die verleiding van Eva de Winter (Sagteband, 192 pg) Louis Krüger

Beskikbaar mid-April

Wanneer Josua een middag toevallig vir Eva de Winter in ’n Rotterdamse koffiewinkel ontmoet, voel dit vir hom onwerklik dat ’n begaafde én beeldskone regsgeleerde soos sy in ’n verhouding sou belangstel. Maar sy getuienis in ’n hofsitting oor big data vroeër die oggend interesseer haar – dit lei tot verdere afsprake, en algaande word hulle vriende.

Dis eers ná hul huwelik voltrek is dat Josua begin begryp daar is iets onpeilbaars aan Eva. Die belangrikste kenmerk van hul huwelik was aanvanklik eerlikheid, of so het hy gedink, tot sy deurmekaar raak met die welvarende entrepreneur Peter Laksman.

Alles verander: Van hul vroeëre intimiteit, al was dit nie seksueel van aard nie, is daar nou min sprake. Hoeveel raaisels het sy van hom weerhou, wat hy eindelik slegs op die dark web oor haar kon naspeur?

’n Ragfyn bestekopname van die grys newewêreld in ’n huwelik tussen man en vrou, die verborge verlange en geheime wat nooit verwoord kan word nie.

Oor die skrywer:  Louis Krüger is op Upington gebore. Hy studeer teologie en Afrikaans/Nederlands aan Universiteit Stellenbosch, en in 1984 verhuis hy na Nederland. Hy is predikant by die Koningskerk in Rotterdam. Sy debuutroman, Die skerpskutter, is met die Eugène Maraisprys bekroon. Hierna volg verskeie romans, waarvan ‘n hele paar ook in Nederlands vertaal word.

Louis Krüger

R309.00

Available on back-order