NV November: Roman (Sagteband, 280 pg) Cas Wepener

Kan ‘n mens oorlewing glo? Wie was Gert – voorslaboer, veedief, geweldenaar, moordenaar, minaar? Dit hang af met wie ‘n mens gesels, want stories is plooibaar. Lees meer hieronder.

Cas Wepener

R295.00

Available on back-order

Description

Die “roman” in die titel verwys na ‘n spinnekop of baardskeerder, wat die teenwoordigheid van onheil, boosheid en gevaar verteenwoordig. Die Klein Karoo se berugte reeksmoordenaar, Gert Bloubaard Swanepoel het in die 1800’s op die spogplaas Rietfontein in die Attaquas tussen Oudtshoorn en Calitzdorp geboer. Swanepoel se pa was ‘n siener wat glo met ‘n halwe helm gebore is. Hy het groot onheil gesien voor Gert se geboorte. Sy ma was ‘n wrede, ongenaakbare en sadistiese mens wat plaaswerkers se kinders se mangels uitgeskep het met ‘n rooiwarm teelepel, sonder enige verdowing.
Danie Gouws, akademikus van Stellenbosch, vertoef in die Klein Karoo om navorsing te doen oor kulturele gebruike en erfgoed. Waarin hy hom egter vasloop, is die spook van Gert Swanepoel: “Wat Danie Gouws nog nie weet nie, is dat Gert hom gister al sien aankom het toe hy in die pas oor die Gamka gery het.”

Want, in die woorde van die oplettende, diepsinnige petroljoggie Willem Marsman: “As jy klippers in die deel van die wereld omrol, dan hardlopp daar sommer gou gevaarlike goete sooes skerpione orr die vlaktes of ‘n romans wat jou jaag om jou skaduwee te kom.”

Kan ‘n mens oorlewing glo? Wie was Gert – voorslaboer, veedief, geweldenaar, moordenaar, minaar? Dit hang af met wie ‘n mens gesels, want stories is plooibaar.