NV September: Krygsgevangenekuns in die Anglo-Boereoorlog (Sagteband, 192 pg) Vicky Heunis

Publikasie 15 September

Heelwat is al oor die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) geskryf. Tog is daar slegs enkele publikasies wat handel oor die tema van die kuns wat deur Boerekrygsgevangenes vervaardig is. In hierdie boek word die onderwerp van krygsgevangenekuns deur middel van ʼn kultuurhistoriese perspektief benader deur breedvoerig uit te brei op die motiverings waarom dit vervaardig is, die gereedskap waarmee en beskikbare rou materiaal waarvan dit vervaardig is, die spesialisvakmanne wat verantwoordelik was vir die vervaardiging daarvan, watter tipe voorwerpe gemaak is, die simboliek en inherente betekenis wat die voorwerpe ingehou het asook die verspreiding en vestiging van afsetgebiede vir die verkoop en uitstalling van Boerekrygsgevangenekuns.

OOR DIE OUTEUR
Gedurende die outeur se kinderjare het sy reeds ‘n spesiale liefde vir museums aangekweek. Nadat sy in 1998 gematrikuleer het, het sy aan die Universiteit van Pretoria gestudeer waar sy ʼn BA in Erfenis- en Kultuurtoerisme (2002), ʼn BHCSH in Erfenis- en Museumstudie (2004) asook ʼn MHCS in Kultuurgeskiedenis (2008) behaal het. Van 2002 tot 2008 was sy die Argief- en Museumversamelingsbeampte by die Voortrekkermonument en Erfenisstigting. In 2008 verhuis sy saammet haar gesin na Bloemfontein en is sedert 2009 die Versamelingsbestuurder by die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke. Die outeur en haar wederhelfte deel hul belangstelling in Anglo-Boereoorlog geskiedenis deur dikwels by historiese herlewings in periodiese kleredrag demonstrasies te lewer. In 2020 behaal sy haar Doktorsgraad in Geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria.

Vicky Heunis

R395.00

Available on back-order

Description