NV: Woorde hul stories sien ken (Afrikaans, Paperback, 192 pg) Bernard Odendaal

Woorde, uit die mond of skryfhand van mense wat hulle storie ken, boei Bernard Odendaal so lank hy kan onthou. As poesiedosent in Bloemfontein en, later, skryfskooldirekteur op Potchefstroom kon hy sy brood op grond van sy belangstelling verdien. Taal lewe egter ook, miskien veral, buite boeke – in die interaksie tussen karakters van vlees en bloed. Toe redakteurs by die webtuiste Versindaba en die koerante Bloemnuus en Volksblad hom dus vra om kort lekkerlees-bydraes oor sy aldagbelewenisse te begin skryf, was huiwer of weier vir Bernard buite die kwessie. Hoewel selde streng feitelik van aard, is die kort vertellings, sketse en besinnings in hierdie bundel almal gebaseer op plekke, mense, vraagstukke en voorvalle wat oor die skrywer se lewenspad gekom het. Wat taal (kan) doen, of wat buite die reikwydte van taal is, vorm ‘n draad wat deur die bundel vleg.

Bernard Odendaal was 22 jaar lank dosent in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan sy alma mater, die Universiteit van die Vrystaat. Sedert 2012 werk hy as direkteur van die ATKV-Skryfskool aan die Noordwes-Universiteit op Potchefstroom. Sy digbundel Onbedoelde land verskyn in 2007 by Tafelberg. As liedteksskrywer en -vertaler was hy betrokke by CD-produksies soos Laat my by jou bly – Jacques Brel, Dit is wat dit is en Onthou (sanger: Herman van den Berg) en Dawid – die musical. Hy is ook die outeur van talle vakkundige tydskrifartikels en boekbydraes, asook resensies en rubriekbydraes.

Bernard Odendaal

R230.00

Available on back-order

Description