Om my kastele in Spanje te sloop (April 2024, Sagteband, 88 pg, Poësie) Jaco Barnard-Naudé

Jaco Barnard-Naudé se digdebuut betrek ’n wye verskeidenheid temas: queer identiteit, die trauma van kinderjare, en die verhouding tussen ouers en seun. Deurgaans vloei die digterlike geheue soos ’n leitmotiv deur die verse.  Lees meer hieronder.

Jaco Barnard-Naudé

R280.00

Available on back-order

SKU: 9780798184540 NB Categories: , ,

Description

Die bundel getuig van ’n soepel en gespierde taalaanvoeling, en tree dikwels in gesprek met ander digters, filosowe en musici. ’n Diep-gelade emosionele bewussyn vibreer regdeur die bundel – getuienis van ’n uitsonderlike nuwe digter-denker ter plaatse.

Die skrywer: Jaco Barnard-Naudé is professor in regsfilosofie en mededirekteur van die Sentrum vir Retoriekstudies in die Regsfakulteit van die Universiteit van Kaapstad. Hy is ‘n gereelde bydraer tot die Afrikaanse letterkundige pers. Tans is hy die mederedakteur van ‘n spesiale uitgawe van die Journal of World Literature oor menseregte en wêreldletterkunde.