Simfonie van Seën

Beleef elke dag God se goedheid en genade op jou lewensreis.

Milanie Vosloo

R199.00

Available on back-order

Description

Beleef elke dag God se goedheid en genade op jou lewensreis.

God wil vir elke mens ‘n lewe van oorvloed gee; ‘n lewe waarin ons elke dag diep bewus word van sy genade en seën wat oor ons skyn. ‘n Simfonie van seën is ‘n viering van hierdie geskenk.

Vroue kan ‘n jaar lank saam met Milanie Vosloo stap en God se goedheid en seën elke dag in hulle lewe ervaar. Moed en krag in die-lewe-is-oorweldigend-tye, vertroosting in seerkry-tye, vreugde en blydskap in die-lewe-is-ʼn-lied-tye. Want God se wens vir elke vrou is dat sy gelukkig en vervuld sal wees.

Oor die Outeur

Milanie Vosloo is ‘n topverkoper-outeur wat deur haar boeke al duisende vroue se lewens verander het. Met haar eerlike manier kry sy dit reg om die hart en siel van haar lesers te raak … hulle te inspireer en aan hulle hoop te bring. Jy sal vind dat Milanie se woorde jou hart raak omdat sy met opregtheid en wys­heid haar lewensondervinding as suksesvolle sakevrou, skrywer, ma en vriendin met jou deel.