SUIDOOSTER- DRAAK (Sagteband, 144 pg, Ouderdom 3+) Binnekort Mei – DIANNE HOFMEYR & CAROL THOMPSON

Storm! Storm! Reën ploeps teen die venster, wind pluk-pluk aan die deur. “Kom ons gaan jag Suidoosterdrake,” sê Oupa. ‘Pasop, drake. Hier kom ons!’

Oupa en sy kleinkind gaan op ‘n wilde en wonderlike avontuur af strand toe tydens ‘n storm. Daar vind hulle draakvoetspore, draakjuwele en selfs ‘n draakbaba, maar wat sal gebeur as hulle die rêrige Suidoosterdraak vind?

Hierdie prenteboek is ideaal vir ‘n jonger gehoor. Hierdie is ‘n assosieerbare avontuur van ‘n oupa, sy kleinkind en hulle hond. Saam trotseer hulle ‘n storm op die strand, stoei teen ‘n wilde, woeste Kaapse Suidoosterwind wat woed oor ‘n tipiese Suid-Afrikaanse turkooise see.

Die Skrywer:

DIANNE HOFMEYR is een van Suid-Afrika se voorste kinderboekskrywers wat met verskeie pryse vereer is, insluitend die Sanlam Goue toekenning vir jeugliteratuur, wat sy al meer as een keer ontvang het. Haar boeke is in 18 tale vertaal. Sy het in die Wes-Kaap in Suid-Afrika grootgeword waar sy kuns gestudeer het. Sy woon huidiglik saam met haar familie in Londen, Engeland.

Die Illustreerder:
CAROL THOMPSON, ‘n internasionaal bekroonde illustreerder, met ‘n buitengewone vermoë om die wêreld deur jong kinders se oë te sien. Met meer as 60 boeke op haar kerfstok, is sy bekroon met onderandere die Amerikaanse Stonewall Honor prenteboektoekenning en die School Library Journal se beste boek van die jaar.

DIANNE HOFMEYR & CAROL THOMPSON

R135.00

Available on back-order

Description