Description
Knysnabos, die 1930’s. Karoliena Kapp is ‘n alleenkind wie se pa vroeg-vroeg deur ‘n weerligstraal doodgeslaan is: daarna het sy die bos aanvaar as haar oermoeder. Sy word raakgesien deur Johannes, ‘n boswerkerskind wat hom uit die wurggreep van armoede losgewikkel het, en nog voordat Karoliena twintig is, trou hulle.
Maar skaars ‘n dag later weet sy sy het verkeerd gekies, haar vryheid verruil vir ‘n kou. Nou is sy bang, en sy vat die pad terug bos toe…
Net soos met Dalene Matthee se ander bosromans, Fiela se kind, Kringe in ‘n bos en Moerbeibos, slaag Toorbos daarin om die oerwereld van bome, olifante, bloubokkies en bosverskynings op te tower.





