Description
Pietersen se debuut is ‘n ware verhaal met onvergeetlike karakters, boeiend soos skitterende misdaadfiksie, vol humor en bitter ironie.
Dit verken die pad van mense wat onder verlies steier en na God soek deur ‘n landskap van geweld. Genade leef op brose plekke, ontdek die skrywer. En engele dra werksklere.
“As joernalis het ek onbetrokke verslag gedoen oor die hofsaak na die wrede plaasmoord op die Human-egpaar van GrootBrakrivier. Hul skoonseun skryf rou en eerlik oor die eggo’s wat weier om stilgemaak te word en wonde wat nie ophou bloei nie. Roerend. Aangrypen” – Susan Puren, vryskutjoernalis, TV-regisseur.
“Hierdie boek kom net betyds. Dis wat ons nodig het” – Carla van der Spuy, skrywer, joernalis.
Die skrywer: Gerhard Pietersen is gebore in Pretoria en matrikuleer aan Grey College in Bloemfontein in 1993. Hy verwerf B.A. Teologie en Filosofie en B.Th aan die Vrystaatse Universiteit tussen 1994-1999, en vanaf 2013-2017 in Integral Coaching aan die Universiteit Kaapstad se Besigheidskool. Hy dien as predikant in Namibië, Mosselbaai en Houtbaai, tussen 2000-2016, en vanaf 2017-2024 as Uitvoerende Direkteur by ‘n Afrika sendingorganisasie. Vanaf 2023 maak hy sy hertoetrede as leraar (deeltyds) by die Hoopgeloofsgemeenskap, Helderberg, Somerset Wes. Hy het ‘n lewensafrigtingspraktyk in Kaapstad, en dien ook as internasionale konsultant, in pastorale bediening van vrywilligers in Afrika, in hoë risiko kontekste.





