ROMANZA LIEFDE SAMESTELLING: Strooisuikerliefde – Lekker Korter Liefdesverhale! (Afrikaans, Paperback, 448 pg) Samestelling

Vars, snaaks, speels – liefdesverhale vir alle generasies. Agt (8) lekkerlees-verhale wat Ma, Ouma, Tannie en Dogter kan deel – sonder om te bloos! Hierdie omnibus is ‘n samestelling van agt RomanzaLiefde-novelles: Soos hout en konfetti, Net in stories, Gelukkige nommer 13, Kersie bo-op, Net drie woorde, Kakie, stewels en liefde, Net ons twee en Om haar pinkie.  Kyk hieronder vir meer inligting …

R170.00

Available on back-order

SKU: 9780799393583 Categories: , , Tag:

Description

Soos hout en konfetti – Jacolet van den Berg

Max is banger vir vroue en trou as die duiwel vir ‘n slypsteen. Maar sy hart werk oortyd as hy Sandra Sinclair sien. Sy maak hom ongemaklik, want hy weet: Sy mag dalk net sy ondergang beteken.

Net in stories – Rika Cloete

Altyd die strooimeisie, nooit die bruid nie. Di­t is Maddie Schoeman. Totdat sy een keer opkyk in ‘n strooijonker, Wynand Raath, se mooi oë. Skielik is liefde nie net vir storieboeke bedoel nie, maar ook vir haar.

Gelukkige nommer 13 – Corné La Camera (debuutskrywer)

Hoeveel mislukte afsprake neem dit voor jy meneer perfek ontmoet? Na twaalf wou Renate ‘n ferm streep trek, want die opsies van ‘n spiertier tot ‘n IT-nerd is maar yl. Maar dalk is dertien haar gelukkige nommer?

Kersie bo-op – Bernette Bergenthuin

Marcelle se lieflingtante skryf haar in om deel te neem aan die werklikheidsprogram Baas-van-die-plaas. Eers is sy woedend, maar nadat sy Basjan Rademan ontmoet het, moet sy erken dat haar tante dalk van beter weet.

Net drie woorde – Nadia de Bruin (debuutskrywer)

Janne wen rugbykaartjies oor die radio en gaan later die aand van die Springbokspelers in hul losie ontmoet. Haar hart maak wilde draaie toe Arend, een van haar ou skoolvriende onder die groep rugbyspelers is.

Kakie, stewels en liefde – Lizelle von Wielligh (debuutskrywer, het later ‘n Romanza gepubliseer)

Craig hou nie van mooi vroue nie, Lauren vertrou nie mans wat van mooi vroue hou nie. Hulle behoort pasmaats te wees, maar onwelkome gevoelens hou hulle uitmekaar. Sal hulle ooit besef dis liefdesvonke, nie irritasie nie?

Net ons twee – Petronel Louw

Een kopverlooroomblik en Rozelle en Francois se verhouding verander vir ewig. Skielik is hy nie meer haar broer se beste vriend en haar ‘ander ouboet’ nie, maar die man wat die vlinders in haar maag energie gee om amok te maak.

Om haar pinkie – Didi Potgieter

Willem loop draaie om Melissa nadat hulle ‘n soen gedeel het, want hy kan homself nie rondom haar vertrou nie. Wat is dit aan dié pragtige brunet wat so met hom toor? Waarom kan sy hom moeiteloos om haar pinkie draai?