LIEFDE GENEES (Januarie 2024, Sagteband, 192 pg) Malene Breytenbach

Sal ou wonde in hul pad staan? Hierdie is ‘n intieme verhaal wat wys hoe twee uiteenlopende karakters mekaar se lewens verander. Die verhaal speel af teen ‘n mediese agtergrond – ‘n gewilde subgenre van Romanza. Malene is ‘n veelsydige skrywer wat enigiets van historiese romans tot fantasie kan skryf.  Lees meer hieronder.

Malene Breytenbach

R110.00

Available on back-order

Description

Dokter Madeline du Bois se man verkul haar met n verpleegster en sy besluit om die huwelik te beeindig. Sy doen aansoek vir n pos in die Kaap by die nuwe Jonkershoekkliniek buite Stellenbosch waar sy die eienaar, dokter Brian Thompson, ontmoet. 

 Madeline voel dadelik sterk aangetrokke tot Brian, al is sy nou versigtig vir mans. Brian reken hy rou nog oor sy oorlede vrou, maar besef ook dat hy Madeline nie kan weerstaan nie. Nie een van die twee beoog weer n verhouding nie, maar hulle kan ook nie die aantrekkingskrag tussen hulle ignoreer nie. 

 Sal hulle die vele uitdagings kan oorwin en toelaat dat die liefde ou wonde genees? 

DIE SKRYWER: Malene Breytenbach woon op Stellenbosch. Sy het by Stellenbosch Universiteit gewerk toe haar eerste romanse, Palmyra herleef, in 2005 gepubliseer is. Sedertdien is sestig ro­manses (kontemporer, medies en histories) gepubliseer. Tans skryf sy voltyds. Sy is getroud met Willie. Hulle dogter, Karen, is getroud met Barry Botha en daar is drie kleinkinders. Malene skryf ook romans, kortverhale in bundels en tydskrifte, en sy resenseer boeke vir Helderberg FM.